Someone sent me this post this morning and I could not keep it to myself .... I cant remember when last I laughed so much.
Hulle sê ‘n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge nie.
So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie, “soos Joost se boek” net een man kan help het ek my doel bereik.
Elkgeval om ‘n kort storie lank te maak gaan ek by die begin, begin.
Ek het ‘n sout van die aarde, kerk mens getrou die tipe mens met wie jy ‘n langpad kan loop, ‘n graad R onderwyseres, ‘n sagge aarde Namakwa bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeisel kan verander in ‘n kaktus na 2 jaar van huwelik.
Elkgeval soos met meeste struwelinge in ‘n huwelik begin dit gewoonlik met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister ‘n oproep van my vetplantjie wat sê ons gaan vanaand baba kyk, nou kyk baba kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is nie.
Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar ‘n selfoon in my oor neer gebliksem.
Nou ek het nie gedink ‘n mens kan ‘n selfoon soos ‘n ou huisfoon gooi nie, maar fokweet mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard.
So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon en raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik gedink het was, wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie? Sien vorige Renault storie.
Nou ek is ook nie ‘n week getroud nie en ken mamma se kak en stuipe, eers kry ek die “silent treatment” – sy dink dit is ‘n straf maar dit is eintlik moer rustig.
Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme – nou as jy regtig jou vrou wil befok maak dat sy die mure uitklim dat moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem dit ernstig op. Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar , haar sin gee, maar toe nie. Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek die ander 2 toe soos ‘n plastiek speel pop se parra.
Maar so staan ek mos nie bakhand vir die wolscooter nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na ‘n dag oue baba deur ‘n venster gaan kyk van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!
Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop?
Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal ewe ‘n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is ‘n millennium man. “Nie dat ek bang is nie”
Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf “die ek staak huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie”.
Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself ‘n toebroodjie. Toe sy sien die “ek staak straf” werk nie kom staan sy voor my en toe begin die kak. Die Naggg stadium, ‘n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van ‘n vlamme hel, ek se kak storie, As daar ‘n hel is sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe ‘n kak mens en man jy nou werklik is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.
Maar so is ek mos nie ‘n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig, en besluit maar nou sit ek my voet neer.
Verduidelik toe vir haar dat ek nie werklik minder kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie.
En dat sy moet oor dit kom, of haar issues gaan afstap en my fokken uitlos. Maar fokken steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om hand gemeen te raak. Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek bliksem toe maar ‘n bord teen die kombuis vloer neer. Man die stukke het nog nie eens gaan stil lê nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de laaste R50 vir die maand daaruit en sê sy gaan more ‘n nuwe bord koop. Maar teen die tyd is ek al so liries befok en ek ruk sommer self my laaste R50 uit en sê sy moet maar twee koop, en ek gryp nog ‘n bord en mik-mik so na haar voete met ‘n wille swaai beweging van my arm asof ek epilepsie fake. Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met ‘n bord gebreek. Maar met die wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef hoe belaglik die hele affêre nou eintlik is.
Fokken groot fout bra, jy lag nie vir ‘n vrou wat kwaad is nie! Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die agterdeur se venster uit. Toe gryp sy ‘n liter coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my penis se voorpunt “so langs die knie”.
Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op Flavour Flave. So besef ek, maar shit, ek het myself in die kombuis vasgekeer, ‘n groot fout.
En die dag voor dit het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog ‘n groot fout.
Ek dog sy sê dit was ‘n kak fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek gegee in die bioskoop. Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar fok weet, sy doen daai flying- kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so tussen die moobs “man boobs”. So skop my so hard, laat ek hik en op my gat gaan sit. Daar lê ek in die kombuis so langs die Addis vullis blik tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.
Vir ‘n oomblik is ek in skok en dit voel soos ‘n ewigheid wat ek daar lê maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met ‘n besem.
Wragtig ‘n fokken besem, ek het nooit gedink sy weet wat ‘n besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.
Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in ‘n bondel te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds op my moer gekry.
As dit nie was dat sy so onfiks is nie,was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om pak te kry soos ‘n bergie wat ‘n fiets probeer steel het.
Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van die kordyn raam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en vrede gemaak. Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms ‘n pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou een van hulle gewees het nie.
Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos ‘n baba, want ek weet as daar ‘n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry. Hoop net hy breek eers ‘n bord.
Groete
Eerlike Smous
Ps moenie vir my vrou sê van die storie nie.
Now I am not sure who the original author of this post is but I found these 2 links to it when I did my search to find the owner of the post ...
Eagleman6788 on WordPress
CMK Facebook page
No comments:
Post a Comment